Welkom by die Skryfgeheime- aanlyn skryfskool

Media- en kreatiewe skryfkursusse


Beste, billikste, meeste gepubliseerde studente by gerekende uitgewers en tydskrifte


Suksesvolle Skryfgeheime-studente
Gepubliseerde Skryfgeheime-studente

Voortgesette onderrig is die sleutel tot nuwe kennis, kreatiewe uitlaatkleppe en addisionele inkomstestrome. Mense wat in hulleself belê, skep ook vir hulleself 'n nuwe toekoms.

     Sedert 2008 bied die Skryfgeheime-skryfskool kwaliteit aanlyn Afrikaanse media- en kreatiewe skryfkursusse aan almal wat met hul skryfwerk wil uitblink. 

     Hier leer jy, in noue samewerking met 'n ervare, gepubliseerde mentor, hoe om 'n geslaagde storie of artikel te skryf en aan 'n gerekende uitgewer, nuusblad, webwerf of tydskrif voor te lê. 

     As jy daardie vreugde wil ervaar wanneer jy dit wat jy in jou verbeelding "sien" suksesvol op papier vasgevang het, en boonop sielsgraag jou skryfwerk in druk wil kry én daarmee verdien, dan kuier jy vandag op die regte plek.  

Wonder jy hoe jy jou doelstellings gaan bereik?

Met hierdie elemente: 

*  'n Raamwerk 

Praktiese, stapsgewyse kursusmateriaal in sprankelende Afrikaans dek alle nodige aspekte van die skryfkuns. 

 

Volgehoue ondersteuning & groei

Prikkelende, opbouende terugvoer deur 'n gepubliseerde mentor binne sewe dae nadat jy 'n skryfstuk ingestuur het, hou jou storie en jou entoesiasme warm.   

 

 *  Vryheid

Jy het die vryheid om teen jou eie pas te werk en te betaal soos jy vorder. Afhangend van jou behoeftes kan jy selfs jou kursus staak en later hervat.

Wil jy eers nog meer weet?

Skryfgeheime maak skrywers GROOT
Nog gepubliseerde Skryfgeheime-skrywers

Ontspan, jy is in die hande van ervare mense wat ook op hul dag beginners was en weet hoe jy voel. Die doelstelling is immers om jou op te bou, want jou sukses is ook ons sukses. 

 

Jy benodig: 

*  Die begeerte om jou storie op die rakke te sien, uitgegee deur 'n gerekende uitgewer.

*  Toegang tot 'n rekenaar, e-pos en die internet.

 

Ons waarborge: 

*  Oorgenoeg tyd om jou kursus teen jou eie pas te voltooi.

*  Gedetailleerde, simpatieke terugvoer deur kundiges binne sewe dae.

*  Billike betaalplanne en die vryheid om te betaal soos jy vorder.


Vir diegene wat dieper wil delf


Waarvoor staan Skryfgeheime?

* Talle suksesvolle skrywers by gerekende nasionale uitgewers,  tydskrifte en ander platforms.

 'n Verskeidenheid 

beproefde aanlyn kursusse om uit te kies voer jou teen jou eie pas van die vind van 'n werkbare idee tot  manuskripvoorlegging. 

* Kursusmateriaal met 'n logiese opbou geskryf in keurige Afrikaans, en beproefde hulpmiddels wat jou doelgerig lei, van die vind van 'n geskikte storievonk tot en met 'n voltooide, afgeronde manuskrip. 

* Een tot een begeleiding deur 'n gegradueerde, bekroonde skrywer of joernalis, tesame met kundige terugvoer binne sewe dae, kry jou storie op papier. 

* Billike betaalplanne 

maak dit vir jou moontlik om te betaal soos jy vorder en selfs jou kursus tydelik te onderbreek. 

Waarom skryf mense?

Sekerlik om uitdrukking te gee aan al die karakters en idees wat in hulle koppe maal. Ook om mense te bereik en iets na te laat: iets tasbaars wat 'n ruk sal bly staan en lesers sal laat dink, meesleur en vermaak.

    Maar hoe besluit jy waaroor om te skryf? En hoe skep jy 'n vollengte verhaal uit idees, belewenisse, los gedagtes en insidente? En sal jy eerlike, opbouende terugvoer ontvang sodat jou manuskrip sal groei en nie halfpad sal verwelk nie?

     In wese draai alles om passie. M.a.w. die drang om kreatief met woorde, idees en karakters om te gaan móét daar wees. So ook die vaardighede. Want 'n boek verg baie: dit moet samehang toon, maar ook verrassend wees; oortuig, maar ook ontgogel; uniek, vars en opwindend wees, maar ook logies en sonder melodrama. 

     Baie mense soos jy het al by Skryfgeheime aangeklop om 'n storie te leer skryf wat vermaak en onderrig, verruk, meesleur en/of totaal anders is, selfs skokkend - en boonop publiseerbaar. 

     Volg hulle voorbeeld: kies 'n kursus en ontwikkel en skryf 'n manuskrip wat jy met trots aan 'n uitgewer of tydskrif kan voorlê.

Hoe werk die kursusse?

* Elke kursus is opgebou uit 'n spesifieke getal modules. Elke module dek sekere aspekte van die skryfkuns.

* Elke module stuur  stapsgewys op 'n gehalteproduk af.

* Elke module eindig in 'n werkstuk waarop jy  binne sewe dae geïndividualiseerde terugvoer ontvang.

Terugvoer is kundig, simpatiek en maklik verstaanbaar. 

* Jou kursusleier gebruik spoorveranderings en kommentaarblokkies en werk direk op jou  skryfstukke sodat jy  die "wat" en die "hoe" van skryf maklik kan volg.  

* Die terugvoer dra direk by tot ons groot getal suksesse, naamlik al daardie vryskutte uit ons stal wat elke maand deur erkende nasionale uitgewers en tydskrifte gepubliseer word.

* Jy kan ook by hierdie groeiende groep 

aansluit deur vandag nog in te skryf.



Klik vir volledige inligting oor ons kursusse:

* Praktiese Kreatiewe Skryfkursus: 

'n Geïntegreerde kursus waartydens jy tegniek inoefen terwyl jy 'n storie ontwikkel en skryf. Ideaal vir beginnerskrywers en skoliere. (4 modules)   

 

* Algemene Kreatiewe Skryfkursus:  

'n Tweestroomkursus waartydens jy 'n publiseerbare kortverhaal, tydskrifstorie, skets, novelle of 'n vollengte roman (dik boek) ontwikkel en skryf. (8 modules) 

 

* WriteSmarter Creative Writing Course

Similar to the Algemene Kreatiewe Skryfkursus. Designed to lead you from finding a suitable story spark to a completed manuscript. The ultimate goal is publication of your novel or short story by a reputable publisher or magazine. (8 modules) 

 

* Kursus in Vryskutjoernalistiek: 

Vind die kortpaaie vir sukses met hierdie markgerigte mediakursus en ontwikkel en skryf blogs, tydskrif- en foto-artikels, berigte en ander media-inhoud onder leiding van 'n ervare, gegradueerde vryskutjoernalis. (8 modules) 

 

* Kinder-en-jeugboekkursus:  

'n Publikasiegerigte kursus waartydens jy 'n opwindende storieboek vir kinders of jong tieners ontwikkel en skryf. (10 modules) 

 

* Prenteboekkursus:  

'n Unieke, interaktiewe kursus vir die skryf van 'n publiseerbare teks vir pikkies van 2 - 5. Jy vind 'n gepaste idee en bou dit uit tot 'n prettige verhaal. (7 modules) 

 

* Klim-uit-jou-kassie-kursus vir die skryf van distopiese verhale:

Moet hierdie een nie miskyk nie. Jy ontwikkel en skryf 'n kortverhaal (of boek) wat binne 'n distopiese bestel afspeel. (Omvattende handleiding van 40 blaaie met gedetailleerde terugvoer op jou verhaal.)

 

 * Manuskripbeoordeling & redigering: 

Jy ontvang 'n verslag oor jou manuskrip of skryfstuk met talle wenke vir die verbetering van jou skryfwerk, asook 'n bespreking van die publikasiemoontlikhede.  

 

* Redigering: 

Jou manuskrip of skryfstuk word deeglik geredigeer met behulp van spoorveranderings (track changes) en kommentaarblokkies, gereed vir voorlegging aan 'n geskikte publikasie.

 

* Taal- en skryfstylopknapper:  

'n Selfdoenkursus vir verbeterde taalkennis, skryftegniek en skryfstyl  (70 blaaie, 35 take met uitgewerkte memoranda).