Skryfgeheime- aanlyn skryfskool


Die moordskryfkompetisie is afgehandel - maar kom kyk weer vir nog!


Wou jy nog altyd 'n moord pleeg?

Seker nie, maar indien jy dalkies oor "moord" fantaseer ...

hier is jou kans om een te "pleeg", daarmee weg te kom en - wie weet - 'n kontantprys te verower.


En die lekkerte is ... ALMAL is welkom.

Jy hoef nie 'n ingeskrewe student te wees nie.


Skryfgeheime is vanjaar vyftien jaar oud en is steeds besig om nuwe skrywers en joernaliste op te lei om die wêreld met hul boeke, kortverhale en artikels te verower. 

 

In 2023 bied ons ons derde kortkursus-skryfkompetisie aan - hierdie keer vir  MOORDSTORIES. En net deur deel te neem is jy klaar 'n wenner.

     Want nie net ontvang elke deelnemer 'n lekker leesbare, stap-vir-stap, prettige, praktiese HANDLEIDING van 28 blaaie oor die skryf van moordverhale nie - iets wat jy vorentoe oor en oor sal gebruik - jy ontvang ook BREEDVOERIGE TERUGVOER op jou storie binne SEWE DAE nadat jy dit ingestuur het.

      Boonop kry elke deelnemer die geleentheid om daardie einste storie te herskryf en WEER in te stuur vir die finale keuring en die kans op die prysgeld van R2,750.00

     Natuurlik moet jy jou dinge so beplan dat DIE EERSTE WEERGAWE van jou storie ons so gou moontlik bereik (mik vir 15 September) sodat daar genoeg tyd sal wees vir ons om jou terugvoer te skryf en vir jou om jou storie te herskryf. Want onthou, jou FINALE HERSIENE STORIE moet voor of op 25 September by ons wees om die finale keuring te haal.

     En dis nie al nie.

     Benewens daardie heerlike, kundige terugvoer - waarna deelnemers aan skryfkompetisies altyd so smag - ontvang die gewildste VYF inskrywings ook 'n intensiewe redigering sodat hulle hul verhaal net so vir 'n ander geskikte kompetisie of tydskrif kan stuur. En soos reeds genoem, kry die skrywer van die algehele wenverhaal 'n kontantprys van R2,750.00.

     Vir my klink dit na 'n winskoop.

     Ek hoop jy stem saam en skryf dadelik in.


 

Johan de Nysschen is maar een van daardie deelnemers wie se verhaal na afloop van 'n Skryfgeheime-kompetisie elders gepubliseer is. Sy 2022-Klim-uit-jou-kassie-verhaal, "Tussen Note", het in Desember 2022 in Huisgenoot verskyn.


SPERDATUMS:

15 September 2023 vir die eerste weergawe van jou storie.

25 September 2023 vir die finale weergawe van jou storie.

 

Inskrywingsfooi: R175


SKRYF SO IN:

1. Voltooi die vorm

Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.


2. Klik op "DOWNLOAD" en maak die inbetaling

Download
2023-BANKBESONDERHEDE.docx
Microsoft Word Document 14.6 KB

3. Stuur 'n betaalbewys aan

* Gebruik jou noemnaam en van as verwysing en stuur 'n betaalbewys na info@skryfgeheime.co.za sodat jy jou handleiding dadelik per e-pos kan ontvang.

 

* Indien jy met die "download" hierbo sukkel, vra asb. die bankbesonderhede aan by info@skryfgeheime.co.za.


VERDERE RIGLYNE: 

* Slegs nuwe skryfwerk. M.a.w. asseblief niks wat al iewers gepubliseer is nie. [Onthou, deelname aan hierdie wedstryd beteken jy behou die kopiereg op jou verhaal regdeur die proses.]

 

* Inskrywing kos R175 per storie. As jy graag nog 'n storie of twee wil instuur, sal elkeen as 'n aparte inskrywing beskou word, jy sal dus vir elkeen R175 moet betaal.

 

* Storielengte: Iewers tussen 1 500 en 3 500 woorde. Ja, jy lees reg. Die rede is dat die meeste tydskrifte stories van 1 500 - 1 600 woorde soek. Die meeste kortverhaalkompetisies, bloemlesings of bundels soek weer verhale van iewers tussen

1 500 en 3 500 woorde.

 

* Tema: Enige moordintrige wat jou as skrywer prikkel en wat jy reken tot lesers sal spreek.


VERDERE VOORDELE:

Nie net staan jy die kans om 'n lekker kontantprys te verower nie, jy gaan ook skryftegniek onder die knie kry wat jou skrywerskap sal versterk.

 

Jy sal:

* leer hoe om kort, kragtig en op die man af te skryf,

* uitvind hoe om spanning en afwagting by jou lesers te skep,

* agterkom hoe om leidrade slim te plant sodat speurder en lesers op 'n dwaalspoor gestuur sal word,

* wendings ontwikkel wat jou storie in onverwagse rigtings sal stuur.

En nog veel meer ...