Skryfgeheime- aanlyn skryfskool

Die Praktiese Kreatiewe Skryfkursus vir beginners & hoërskoolleerders



Hoe beplan ek 'n storie? Waar begin ek? Waaroor skryf ek? Hoe weet ek of dit wat ek geskryf het enigiets werd is?

      Begin vandag nog om 'n voorsprong op te bou met hierdie praktiese aanlyn vier-module-skryfkursus. Dis spesifiek ontwikkel vir beginner- en hoërskoolskrywers en bevat 'n wye verskeidenheid  prettige selfdoentake met uitgewerkte antwoorde sowel as take wat jy vir terugvoer moet instuur.

     'n Geïntegreerde benadering word gevolg. Dit beteken jy ontwikkel en skryf 'n verhaal met alle nodige storie-elemente terwyl jy die nodige skryftegniek,  storiestruktuur en taalkennis onder die knie kry. 

     Jy werk op 'n een-tot-een basis saam met 'n ervare, bekroonde studieleier wat in die praktyk staan as skrywer, vertaler en boekeredakteur en voorheen by die onderwys betrokke was. Na voltooiing van hierdie kursus sal jy enige ander Skryfgeheime-kursus met selfvertroue kan aanpak.

 

Die kursus beslaan 4 modules wat elk gemiddeld 12 blaaie lank is.

* Jy kan een module per maand of per kwartaal voltooi.  

Jy werk per e-pos teen jou eie tempo.  

* Elke module eindig in 'n werkstuk waarop jy binne 7 dae breedvoerige, maklik verstaanbare kommentaar ontvang, direk op jou skryfwerk.

 

Elke module lei jou stap vir stap van die skep van 'n merkwaardige karakter tot 'n  geslaagde voltooide verhaal.



Vier-module-plan


Module 1: 

14 blaaie

*    Voorbereiding:

      Jou werksplek

      Jou skatkis

      Leer tastik

      Eksperimenteer met vry skryf

*    Bestudeer 'n sterk paragraaf

*    Skep 'n 3D-hoofkarakter

*    Skep en skryf agt insidente wat karakterisering uitbou

Werkstuk: Stuur jou karakter en die agt insidente in vir terugvoer

 

Let wel:  Jy ontvang die terugvoer op elke werkstuk binne sewe dae nadat jy dit ingestuur het, en daarmee begin die redigeringsleerkurwe, waartydens jy leer hoe om jou skryfwerk objektief te bekyk en te hersien.

 

 

Module 2: 

11 blaaie

*      Bestudeer storie-elemente

*      Leer oor die intrige van die verhaal

*      Bestudeer eerste- en derdepersoonsgesigspunt

*      Skryftegniek en skryfstyl

Werkstuk:  Ontwikkel 'n storieraamwerk vir terugvoer

 

 

Module 3:

16 blaaie

*     Eksperimenteer met die skryf van dialoog en gedagtes

*     Bestudeer verskillende aanvangstonele

*     Eksperimenteer met verskillende aanvangstonele

*     Skryftegniek en skryfstyl

Werkstuk:  Skryf drie insidente en 'n aanvangstoneel vir terugvoer

 

 

Module 4:

7 blaaie

*    Bestudeer en ontwikkel beeldspraak

*    Benut sterk werkwoorde in plaas van flou werkwoord-bywoord-kombinasies

*    Leer skep jou eie beeldspraak

*    Bestudeer die klimakstoneel en die ontknoping

Werkstuk:  Gebruik jou aanvangstoneel en jou storieraamwerk en skryf 'n storie van 1 500 woorde vir terugvoer.


Kry die betaalplanne en skryf in vir die Praktiese Kreatiewe Skryfkursus:

* Jy sal alle nodige besonderhede oor die kursus per e-pos ontvang.

* Jou navraag plaas jou onder geen verpligting om wel 'n inbetaling te maak nie.


Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.