Skryfgeheime- aanlyn skryfskool

Redigering en manuskripbeoordeling


Ons skrywers word deur gerekende uitgewers & tydskrifte gepubliseer.      Jy kan ook een van hulle wees.



Neandra Bresler, Renda Fourie, Cecilia Hofmeyr, Riaan Conradie en Marelize Swanepoel het geredigeerde weergawes van hul wennerstories ontvang.
Skryfgeheime-pryswenners

 Bewaar jy 'n storie, boek of artikel iewers op jou rekenaar?

Wonder jy of dit enige kans op publikasie het?

* Soek jy kundige, eerlike, opbouende terugvoer? 

Wil jy dit binne 7 dae ontvang?  

* Verwag jy dat jou werk as vertroulik beskou sal word, dat jy volle kopiereg sal behou en dat jy alle voorstelle en korreksies net so mag gebruik? 

Hieronder volg DRIE OPSIES wat al jou behoeftes sal aanspreek.

 

OPSIE 1:  

Manuskripbeoordeling met 'n verslag:

'n Verslag oor publikasiegereedheid, saamgestel deur 'n ervare skrywer-redakteur, met voorstelle vir die verbetering van die formattering, storielyn, karakterisering, skryftegniek, skryfstyl, taalgebruik, ensomeer, asook verwysings na geskikte nasionale uitgewers, indien van toepassing.

 

Koste:

onder 20 000 woorde:  R1,650.00 

20 000 tot 40 000:       R1,950.00

40 001 tot 60 000:       R2,250.00

60 001 tot 80 000:       R2,650.00

80 001 woorde plus:     R3,000.00

 

Gaan so te werk wanneer jy jou manuskrip wil instuur vir beoordeling:

* Skryf 'n sinopsis van een bladsy wat die storielyn (intrige of "plot") opsom.

Lees asb. hier oor die skryf van 'n sinopsis.

* Stuur jou manuskrip en sinopsis as 'n MS Word-aanhangsel na  info@skryfgeheime.co.za.

* Jy sal 'n kwotasie ontvang met die betaalbare bedrag en die bankbesonderhede.

* Onmiddellik nadat jy 'n betaalbewys aangestuur het, sal die terugvoer begin sodat jy dit binne 7 dae kan ontvang. Terugvoer op manuskripte van 40 000 woorde en meer kan tot twee weke neem om te voltooi. 

-------------------------------------------

 

Jacques le Roux skryf: "Baie dankie vir die besonderse werk omtrent die manuskrip. Ek vind dit baie leersaam. Dit is lekker om sulke terugvoer te ontvang."  

 

Mariana Vos skryf: "Uit my hart uit - dankie! Ek was bang my storie gaan uitmekaar geskeur word - maar die storie is behoue, dit klink nou net soveel beter. Jy is 'n meester, ek kan nie wag om nog te leer nie."

 

Riaan Conradie skryf: "Die terugvoer op my manuskrip het my oorrompel. Ek het geweet dat baie werk voorlê, ek het egter nie besef dis só baie nie. Gelukkig is ek nie emosioneel vas aan my skryfwerk nie en sien daarna uit om weer in te spring en dinge te verbeter. Uit die staanspoor gaan ek hoofstuk 1 skrap en van die inligting wat daarin opgeneem is vorentoe inweef. Dis die plan. Ek sit hier by die werk op hete kole om tuis te kom sodat ek in Lisa se storie kan induik."

 

-------------------------------------------

 

* OPSIE 2:

Redigering van enige kreatiewe skryfwerk (kinderverhale, kortverhale, tydskrifstories en boeke). Jou skryfwerk word nie net geredigeer nie, jy ontvang ook kommentaar rakende storielyn, karakterisering, taalgebruik, skryftegniek, ensomeer, direk op jou skryfwerk, m.b.v. kommentaarblokkies en spoorveranderings.

Koste: R425 vir die eerste 1 000 woorde (of minder), daarna word dit pro rata bereken.    

 

Maak so: 

* Skryf 'n sinopsis van een bladsy wat die storielyn  (intrige of "plot") opsom.

Lees asb. hier oor die skryf van 'n sinopsis.

* E-pos jou manuskrip en sinopsis as een MS Word-aanhangsel na  info@skryfgeheime.co.za.

* Jy sal 'n kwotasie ontvang met die betaalbare bedrag en die bankbesonderhede.

* Binne 7 dae nadat jy inbetaal en 'n betaalbewys aangestuur het, sal jy jou terugvoer ontvang.   

  

Albert Short skryf: "Dankie, jy het 'n klomp toutjies bymekaar gebring waaraan ek nie eens gedink het nie. Ek nooit besef dat skrywers hulle werk kan laat redigeer nie, ek het altyd gedink dis 'kroek'. Dis wonderlike nuus vir iemand soos ek. Ek hou van stories uitdink en skryf, maar ek het nie die nodige vaardighede om dit ten volle professioneel te doen nie." 

 

-------------------------------------------

 

* OPSIE 3: 

Redigering van artikels en berigte (digitaal of gedruk)

Het jy 'n artikel, blog of berig voltooi en soek jy kundige kommentaar op jou onderwerp,  teikenmark, skryfwerk en aanbieding? Met hierdie opsie ontvang jy die terugvoer direk op jou skryfwerk sodat jy presies kan sien wat jy moet verander, asook hoe en waarom. 

Koste: R400 vir die eerste 1 000 woorde (of minder), daarna word dit pro rata bereken.   

 

Maak so: 

* Stuur jou manuskrip as 'n MS Word-aanhangsel by 'n e-pos na info@skryfgeheime.co.za.

Jy sal 'n kwotasie ontvang met die betaalbare bedrag en die bankbesonderhede.

* Binne 7 dae nadat jy die inbetaling gemaak en 'n betaalbewys aangestuur het, sal jy jou terugvoer ontvang. 

 

Maria Steyn skryf: "Baie dankie vir die terugvoer op my manuskrip. Jou advies is 'n uitstekende rigtingwyser, ek verstaan nou watter doelwit om na te streef en hoe om daar te kom. 'n Mens kyk maklik jou eie foute mis."  


Gebruik hierdie vorm vir enige vrae:

* Jy sal binne 24 uur 'n antwoord en/of 'n kwotasie ontvang. 

* Jou navraag plaas jou onder geen verpligting om wel 'n inbetaling te maak nie. 

Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.